Om vir ‘n vaktoets aansoek te doen, benodig jy:

one

Volledig geslaagde N2-kwalifikasie

Nota

  • 4 vakke
  • Wiskunde en relevante vakteorie
  • Enige 2 addisionele, relevante vakke Bv. Wetenskap en Tegniese Tekeninge
  • Elektriese vakteorie (N3) vrywaar Elektro Vakteorie en Industriele Elektronika op N2 vlak.

* 1 Vak in Gr.11 40% en hoër kan na ‘n N2 omgeskakel word.
** 2 Vakke in Gr.12 40% en hoër kan na ‘n N3 omgeskakel word.
*** Volgens die merSETA: 33.3% – 39% op ‘n Gr.12 sertifikaat word as ‘n N2 erken en nie ‘n N3 nie.

two

Voltooide formele institusionele opleiding – Fase 1, 2 en 3

three

Geregistreerde NAMB/SETA-leerlingkontrak

four

12 maande praktiese werkstyd – gebaseer op die begindatum van die NAMB/SETA-leerlingkontrak.

five

Opleidingsinstelling Bevestigingsbrief – deur die kollege afgeteken.

six

Opleidingsinstelling Rekordboek – deur die kollege, leerling en mentor afgeteken en deur die werkgewer gestempel.

seven

NAMB mag ‘n gedetailleerde diensbrief van jou werkgewer vereis.

As jy bogenoemde het, maak ‘n afspraak by Ajani en bring saam:

  • NAMB/SETA-leerlingkontrak
  • ID – 2 x oorspronklik gesertifiseerde kopieë
  • Hoogste skoolkwalifikasie – 2 x oorspronklik gesertifiseerde kopieë
  • N2 – 2 x oorspronklik gesertifiseerde kopieë
  • Opleidingsinstelling Bevestigingsbrief – afgeteken
  • Opleidingsinstelling Rekordboek – afgeteken
Maak 'n afspraak
  • As jy aan die vaktoets basiese vereistes voldoenkan Ajani ‘n vaktoetsdatum vir jou reël.
  • 2 weke gratis assessering by Ajani se opleidingsverskaffer voor die vaktoetssentrum voorbereiding – leerling reël self met die lektor.
  • Verpligte vaktoetssentrum voorbereiding –leerling betaal self.
  • Vaktoets by die toetssentrum – deur die student betaal
  • Uitreik van vaktoetsuitslae by die toetssentrum
  • Uitreik van die Rooiseël-sertifikaat (Artikel 26 D)deur NAMB/QCTO aan die SETA
  • Ajani ontvang die Rooiseël-sertifikaat vanaf die SETA OF dit word deur die SETA direk aan die leerling gepos. Tensy die vaktoetsfunksie deur jou werkgewer behartig is, sal die reëlings deur hulle geskied.
Ajani Proses

  • Ajani dien die leerling se dokumentasie by die betrokke SETA in.
  • Die SETA kontak die toetssentrum met ‘n toetsdatum en stel Ajani in kennis.
  • Ajani stel die leerling in kennis.
  • Die leerling skryf vaktoets.
  • Indien die leerling as bevoegd sy vaktoets geslaag het, word die Rooiseël-sertifikaat (Artikel 26D) deur die betrokke SETA binne 0 – 6 maande uitgereik.

OF

Dit word deur die SETA direk aan die leerling gepos. Tensy die vaktoetsfunksie deur jou werkgewer behartig is, sal die reëlings deur hulle geskied.

Ajani Vaktoets Stap-vir-Stap

  1. Ajani dien die leerling se dokumentasie by die betrokke SETA in.
  2. Die SETA kontak die toetssentrum met ‘n toetsdatum en stel Ajani in kennis.
  3. Ajani stel die leerling in kennis.
  4. Die leerling skryf vaktoets.
  5. Indien die leerling as bevoegd sy vaktoets geslaag het, word die Rooiseël-sertifikaat (Artikel 26D) deur die betrokke SETA binne 0 – 6 maande uitgereik.

Belangrik om te weet:

  • Ajani het geen beheer oor hoe lank dit neem voor die vaktoetsdatum uitgereik word nie.
  • Ajani het geen beheer oor hoe lank dit neem voor ‘n Rooiseël-sertifikaat uitgereik word nie.
  • Bewys van betaling word vereis voordat ‘n datum deur die SETA uitgereik word.
Maak 'n Afspraak
  • Die koste verskil van sentrum tot sentrum.
  • Die gemiddelde koste vir 2 weke vaktoetssentrum voorbereiding en die toets beloop tussen R7 000 en R8 000.
  • Die leerling kry ook 2 weke gratis assessering by Ajani se opleidingsverskaffer voor sy vaktoetssentrum voorbereiding.
Maak 'n Afspraak