Om vir ‘n plasing te kwalifiseer, benodig jy:

Volledig geslaagde N2-kwalifikasie (resultate sal genoegsaam wees)

* 1 Vak in Gr.11 40% en hoër kan na ‘n N2 omgeskakel word.
** 2 Vakke in Gr.12 40% en hoër kan na ‘n N3 omgeskakel word.
*** Volgens die merSETA: 33.3% – 39% op ‘n Gr.12 sertifikaat word as ‘n N2 erken en nie ‘n N3 nie.
Bogenoemde is ‘n vereiste vir die merSETA, Agriseta, Foodbevseta, TETA en W&R. Mag verskil van SETA tot SETA.

Voltooide formele institusionele opleiding – Fase 1, 2 en 3

 

Opleidingsinstelling Bevestigingbrief – afgeteken deur die kollege.

 

Opleidingsinstelling Rekordboek – afgeteken deur die kollege en student.

As jy bogenoemde het, maak ‘n afspraak en bring saam:

  • ID  – 2 x oorspronklik gesertifiseerde kopieë
  • Hoogste skoolkwalifikasie – 2 x oorspronklik gesertifiseerde kopieë
  • N2 – 2 x oorspronklik gesertifiseerde kopieë
  • Opgedateerde CV –MS Word/PDF formaat
    Maak asseblief seker van korrekte spelling en taalgebruik.  Sluit persoonlike inligting in (sterk eienskappe, prestasies, passie, stokperdjies), gedetailleerde werksagtergrond en verwysingsbriewe (waar van toepassing).

Belangrik om te weet:
Indien vereis, benodig Ajani ‘n N1/Gr.9 sertifikaat – 2 x oorspronklik gesertifiseerde kopieë. Dit moet Wiskunde of Wetenskap geslaagd aandui (40% en hoër). Hierdie is die minimum vereiste om ‘n SETA leerlingkontrak te registreer.

Maak 'n afspraak