Welkom by Ajani
Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied. Ajani plaas studente by SETA en NAMB goedgekeurde werkgewers en reël vaktoetse. Slegs studente met hul volledig geslaagde N2-kwalifikasie, voltooide formele institusionele opleiding en opbetaalde rekening by die opleidingsinstelling sal geplaas word. Plasings vir die volgende ambagte word gedoen: meulmaker, elektrisiën, dieselwerktuigkundige, passer and draaier, gereedskapsmaker, sweiser en passer.
Plasing
Alles wat jy omtrent die plasingsproses en vereistes moet weet, SETA-leerlingkontrakte en eie werkgewers.
Lees meerWerkgewers
Vind uit hoe jou maatskappy kan voordeel trek deur Ajani ambagstudente by jou maatskappy te plaas en as ambagsman te kwalifiseer.
Lees meerVaktoets
Alles wat jy omtrent die vaktoets moet weet. Hier is ‘n volledige riglyn rakende die prosesse en vereistes om jou Rooiseël-sertifikaat te bekom.
Lees meerDie Ajani Dienste:
- Werwing van SETA & NAMB goedgekeurde werkgewers
- Reël van onderhoude
- Administrasie en fasilitering van die NAMB/SETA-leerlingkontrak tussen die werkgewer en leerling.
- Reël van vaktoetse
- Oorhandiging van Rooiseël-sertifikate (Artikel 26D)
- Gereëlde skakeling met werkgewers, SETA’s en NAMB
- Fasilitering van SETA en NAMB werkplekgoedkeurings
Plasings is onderhewig aan:
- SETA en NAMB werkplekgoedkeuring
- Pos Beskikbaarheid
- Tydperk van die jaar
- Ratio van gekwalifiseerde ambagsmanne en leerders in die organisasie
- BEE en ekonomiese klimaat
Geen presiese tyd kan voorsien word vir hoe lank dit sal neem voor ‘n student geplaas word. Die gemiddelde tydperk is sowat 2 maande.
Gegewe bogenoemde, Ajani het tot dusver ‘n 100% sukses met plasings gehad.
Ondersteuningsdiens:
Vir verdere navrae, kontak ons gerus.
Mev Mochzell Potgieter Vakleerling Fasiliteerder vir Ambagte: Elektrisiën, Diesel en Trekker werktuigkundige
E-pos: mochzell@ajani.co.za
Mev Hes Hitge Vakleerling Fasiliteer vir Ambagte: Meulmaker, Gereedskapmaker, Pas en Draaier en Passer en Sweis ambagte.
E-pos: Hes@ajani.co.za
Kliënte










Die praktiese werktyd komponent en vaktoetsvereistes is sonder kennisgewing onderhewig aan NAMB (National Artisans Moderating Body) wetgewing. NAMB is tans die regulatoriese liggaam van die 23 SETA’s in die land en staan onder die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.
